George Soros

George Soros
Soros tydens die Münchense konferensie in 2011
Gebore
György Schwartz

12 Augustus 1930 (1930-08-12)
Boedapest, Hongarye
NasionaliteitHongarye, Verenigde State
Netto batewaarde$8 miljard[1]
EggenootAnnaliese Witschak (1960–1983)
Susan Weber Soros (1983–2005)
Tamiko Bolton (2013–)

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

George Soros (gebore György Schwartz, 12 Augustus 1930) is 'n internasionale finansier, bestuurder van fondse en filantroop. Hy wend sy fortuin aan om onder meer finansiële steun aan burgerregteorganisasies, onderwysinstellings en politieke kampvegters te verleen. In die vroeë 1990's het hy ook die anti-apartheidsbeweging in Suid-Afrika ondersteun.

Binne drie dekades het George Soros tussen elf en twaalf miljard VS$ vir liberale projekte en inisiatiewe op alle vyf vastelande geskenk. Die gesiene Britse dagblad The Independent het hom as die mensheid se grootste finansiële ondersteuner van demokratiese ideale beskryf. Vrye media sowel as vrye en oop kennis lê hom eweneens na aan die hart. So het hy ook ruim bygedra tot die Wikipedia-projek met donasies vir die Wikimedia-stigting.[2]

George Soros is amptelik die 190ste rykste persoon op aarde;[1] sy rang is relatief laag omdat hy in 2017 $18 miljard van sy rykdom aan sy organisasies geskenk het.[3]

Soros is 'n genaturaliseerde Amerikaanse burger wat in Hongarye gebore is. Sy netto waarde staan na raming op ongeveer $8 miljard, welke nie die $18 miljard van sy rykdom insluit wat hy in 2017 aan sy organisasies oorgedra het nie.[3]

Die kombinasie van 'n groot fortuin, steun vir liberale gedagtes en burgerrregte en 'n Joodse afkoms maak van Soros die ideale haatfiguur vir regsgesindes en outokrate. Die haatspraak teen Soros toon baie ooreenkomste met die historiese anti-semitiese vyandbeeld van 'n "wêreldsamesewering van Joodse geld" waarin vroeër die bankier Rothschild sentraal gestaan het.

In 1992 het Soros die titel die man wat die Bank van Engeland gebreek het gekry,[4] omdat hy die Britse pond verkort het. Hy het 'n wins van $1 miljard met die transaksie van $10 miljard gemaak. Soros word ook daarmee gekrediteer dat hy die Maleisiese finansiële mark laat ineenstort het.[5] Hy het in 2017 beweer dat die konserwatiewe Hongaarse regering van Viktor Orbán – 'n groot kritikus van Soros – "meer onderdrukkend is as wat dit tydens die Russiese besetting was", met verwysing na die tydperk toe Hongarye 'n kommunistiese satellietstaat van die USSR was.[6][7]

  1. 1,0 1,1 The World's Billionaires Geargiveer 28 September 2017 op Wayback Machine. Forbes. Opgespoor op 21 Augustus 2018.
  2. Wikimedia Stigting, 15 Oktober 2018: George Soros, founder of Open Society Foundations, invests in the future of free and open knowledge. Besoek op 23 Mei 2020
  3. 3,0 3,1 https://www.nytimes.com/2017/10/17/business/george-soros-open-society-foundations.html
  4. Stocks Soros And Druckenmiller Have In Common, Gurufocus.com, 14 Desember 2009
  5. Killing Capitalism Soros-Style, American Spectator, 4 November 2009
  6. Dunai, Marton (1 Desember 2017). Hungary PM Orban, U.S. financier Soros clash as elections loom Geargiveer 25 Augustus 2018 op Wayback Machine. Reuters. Opgespoor op 3 Desember 2017.
  7. Hungarian PM Orban says George Soros will interfere in election, vows to stop him. RT. 2 Desember 2017. Opgespoor op 3 Desember 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search